



Tuis | Kontak | Omtrent Swakopmund
Swakopmund is die kroonjuweel in Namibia. Met sy gematige tempratuur, Duitse argitektuur en vele toersite bedrywighede, het Swakopmund die perfekte balans tussen ontspan en besigheid.




Daar iets vir almal in Swakopmund, vir die meer avontuurlistige siele tussen ons, is daar quadbiking in die duine, valskermspring en visvang langs die kus. Die vele restuarante en kunsgallery bring die balans vir die fynere dinge in die lewe.
Vir die natuurliefhebber is die Namibwoestyn met al sy fauna en flora die perfekte geleentheid vir fotografie.
Die Walvisbaai strandmeer, (30km suid van Swakopmund) word elke jaar besoek deur flaminke en vele ander seevoƫls.
Vele ander aantreklikhede soos die Kristal Gallerie, Swakopmund museum en die akwarium bied iets vir almal.




Swakopmund se ekonomie groeie elke jaar met 15 tot 20%, en die vele uraanmyne rondom Swakopmund, bied vele geleenthede. Die toersime bedryf bied ook uitstekende besigheidsgeleenthde.
Met al die groot banke en goeie telekoms, het Swakopmund al die voordele wat elke groot stad bied met die rustigheid van die platteland.



